‘Moeilik om te weet wat Amushelelo se motiewe is’

Daar is kommentaar dat Michael Amushelelo se gedrag nie in die beste belang van werkers is nie, maar, eerder ‘n politieke taktiek met die verkiesing wat volgende jaar plaasvind. Hy was weer die week bedrywig en daar was kommer dat hy weer gearresteer sal word vir die oortreding van sy borgvoorwaardes, met drie sake nog hangende. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah om sy mening in die verband te hoor.