Stigting neem nuwe aanslag in bystand

Armoede is algemeen in Namibië en die Open Hands Charity-stigting stel ondersoek in, in verskeie gebiede, om die stand van sake te bepaal. Een lid van die huishouding word dan bygestaan om werk te bekom om die toestande in daardie huishouding te verlig. Sonia Iyambo, Stigter van Open Hands het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.