Modi kritiseer Putin oor oorlog, in die openbaar

Die Indiese premier, Narendra Modi, het aan die Russiese President Vladimir Putin gesê dat dit nie nou die tyd vir oorlog is nie, en die Kremlin-hoof direk in die openbaar aangeval het oor die byna sewe maande lange konflik in die Oekraïne. Modi het op die beraad van die Shanghai Cooperation Organisation gepraat en sê vandag se era is nie ‘n era van oorlog nie. Internasionale nuusagentskappe berig dat Putin redelik vies gelyk het en aan Modi gesê het dat terwyl hy sy kommer oor die Oekraïne verstaan, doen Moskou alles in sy vermoë om die konflik te beëindig.