Moderne ‘Daisy de Melker’ is skuldig

‘n Gewese Gautengse polisielid is skuldig bevind aan ses moorde na die dood van familielede om versekeringsgeld te kan eis. Die hof in Palm Ridge aan die Oos-Rand het bevind Rosemary Ndlovu het vyf familielede en haar kêrel, Maurice Mabasa, vermoor. Hy is in Tembisa aangetref met veelvuldige steekwonde nadat sy huurmoordenaars betaal het. Regter Ramarumo Monama sê Ndlovu is ook skuldig bevind aan poging tot moord op haar ma, en sal op 5 November gevonnis word.