Vermeende pedofiel se borgaansoek onsuksesvol
Die voormalige polisieman en vermeende pedofiel Johann Maree se formele borgtogaansoek is vandag in die Windhoekse landdroshof van die hand gewys. Die 50-jarige Maree is verlede jaar in hegtenis geneem op 40 klagte dat hy agt minderjarige seuns tussen 2016 en 2020 verkrag en onsedelik aangerand het. Hy het volgens die staat ook video’s gemaak en dit op die donkerweb geplaas en verkoop. Skokkende en onthullende getuienis is tydens sy borgaansoek gelewer en verskeie ondersoekbeamptes, sowel as vermeende slagoffers het verskyn. Hy bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 17 Januarie 2022.