Moderna sê Omikron-vlaag oor, maar, dit kom weer

Een van Brittanje se belangrikste entstofverskaffers is besig om ‘n Covid-19-versterker te ontwikkel wat beskerming teen Omikron én Delta sal bied. Moderna se hoof-mediese beampte sê die Omikron-vlaag het in talle lande sy piek bereik en die wêreld is besig om uit die pandemie-fase te beweeg. Dokter Paul Burton waarsku egter die BA.2-variant wat reeds in Denemarke dominant is, moet noukeurig dopgehou word. Hy voorspel ook Omikron sal later vanjaar weer ‘n groot gevaar inhou en die Delta-variant moet nie vergeet word nie.