Desert Jewels behaal 7de plek

Die nasionale senior vroue-netbalspan, die Debmarine Desert Jewels, het Tanzanië Vrydag by die Universiteit van Pretoria naelskraap met 46-45 geklop en net ‘n biejtie later, het die span ook teen eSwatini 59-50 gewen. Die Jewels kom dan in in sewende plek by die 2023 Afrika Netbal Wêreldbeker-kwalifiserende toernooi. Die span het nie gekwalifiseer vir die wêreldbeker nie.