Mnr. en Mej. Privaatskole op Tsumeb aangewys

Mnr. en Mej. Privaatskole is op Tsumeb tydens die Namibiese Privaatskole-week gekroon met die wenners Rehan Bezuidenhout van Gobabis Gimnasium en Jorinda Fourie van Pro-Ed Akademie. Die naaswenners is Delary Nell van Tsumeb Gimnasium en Jordan Strauss van Walvisbaai Privaat Hoërskool. Mnr. Kreatief is Shane Montgomery en Janca-Marli Steyn is Mej. Kreatief . Albei is van Edugate Academy op Otjiwarongo.