Menseregte-prokureur gaan siviele saak aanhangig maak teen Johan Meyer

Die Namibiese menseregte-prokureur Norman Tjombe gaan ‘n siviele saak aanhangig maak teen Johan Meyer, wat daarvan aangekla word dat hy die nege-jarige Hendrina Mupolo by die Hardapskema by Mariental doodgery het. Tjombe het bevestig dat wyle Hendrina se pa hom opdrag gegee het om ‘n siviele regsgeding aanhangig te maak. Hy sal ook ‘n saak aanhangig maak teen die ondersoekbeampte en die aanklaers wat by die saak betrokke is, om te verseker dat die saak behoorlik en korrek ondersoek word. Mariental se gemeenskap het gister ‘n optog gehou om geregtigheid vir Hendrina te eis nadat Meyer op borgtog van 3 000 Namibiese dollar vrygelaat is.