Mnangagwa se vliegtuig herlei na bomdreigement

Zimbabwiese owerhede ondersoek ‘n bomwaarskuwing by die lughawe van Victoria Falls wat daartoe gelei het dat president Emmerson Mnangagwa sy besoek aan die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika-konferensie afgelas het. Hy was reeds op pad in ‘n private straler toe daar besluit is dat hy na die hoofstad, Harare, moet terugkeer. Die lughawe het ‘n e-pos van ‘n anonieme sender ontvang met, wat bestempel is as ‘n geloofwaardige bom- of vuurwapendreigement teen Zimbabwiese lughawens. Ander vliegtuie is na lughawens in buurlande herlei.