ANC-kabinet aanvaar DA se plan teen kader-ontplooiing

Die DA verwelkom die Suid-Afrikaanse kabinet se aanvaarding van ‘n plan vir die professionalisering van die openbare sektor. Die party meen dis ‘n oorwinning vir sy veldtog teen kader-ontplooiing. Die raamwerk bepaal dat ontplooiings-praktyke afgeskaf word ten gunste van ‘n meriete-gebaseerde werwing- en keuringstelsel. Die DA-lid Leon Schreiber sê die party gaan veg om te verseker dat dit in elke sfeer en in elke regeringsinstelling gebeur: