SAL is polities meer uitdagend vir Cyril

Anders as die belangriker hervormings binne die energiesektor, is die model wat gebruik word vir die heropbou van die Suid-Afrikaanse Lugdiens polities meer uitdagend vir president Cyril Ramaphosa. Dit is die mening van die politieke ontleder, Daniel Silke. Takatso Konsortium het ‘n belang van 51 persent in die SAL verkry, met die regering wat 49-persent besit. Silke sê die ooreenkoms is ook ‘n polities-aanvaarbare beëindigingstrategie vir Ramaphosa, wat moontlik steeds teenkanting sal kry van diegene wat ten alle koste ‘n lugdiens wil beheer, selfs as is dit een wat nie kan vlieg nie.