Mkhwebane het nie veel van ‘n kans om weer in amp aangestel te word nie

‘n Regskenner is van mening die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het nie veel van ‘n kans om die besluit om haar uit die amp te onthef, om te keer nie. President Cyril Ramaphosa het haar ampstermyn beëindig nadat die Parlement Maandag ten gunste daarvan gestem het. Mkhwebane het haar verwydering as ‘n onreg bestempel en beloof om dit te betwis deur regs-hersieningsverrigtinge. Die uitvoerende sekretaris van die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet, Lawson Naidoo, meen Mkhwebane se kanse op sukses is skraal: