MIV: Langwerkende anti-retrovirale middels moet beskikbaar gestel word

Die adjunk-uitvoerende direkteur van UNAids, Mathew Kavanagh sê die wêreld het steeds nie beheer oor die oordrag van MIV nie. Plaaslik het 11,8 persent van Namibië se bevolking tussen die ouderdomme 15 en 49, MIV. Terwyl daar groot vordering plaaslik gemaak is, is daar steeds hier, en elders, uitdagings. In sy mening, moet die jongste medikasies, langwerkende anti-retrovirale middels, so vinnig as moontlik, beskikbaar gestel word op ‘n koste-effektiewe basis om die virus uiteindelik onder beheer te kry.