Standard Bank waarsku oor nuwe slenter

‘n Nuwe slenter word wyd deur middel van ‘n epos wat voorgee om van Standard Bank te wees, versprei. Luidens die epos, moet die ontvanger daarvan op ‘n skakel klik omdat daar ‘n geskeduleerde, derde-party debiet-aftrekking op die rekening gemaak is. Standard Bank waarsku mense dat dit ‘n bedrogspul is en dat die skakel poog om bankkliënte se internet wagwoorde en ander ingliting te bekom. Die skakel werk volgens die bank ook so dat die bedrieërs beheer oor die epos adres kan kry en sodoende eposse kan stuur. Die bank beklemtoon weer dat hy nie per epos sulke inligting sal aanvra nie, indien ooit. Lede van die publiek moet ook bedag wees omdat die epos in stelle van tot ses op ‘n slag uitgestuur word na dieselfde adres toe.