Britte trek swaar, ekonomie krimp weer

Die Britse ekonomie het in die derde kwartaal gekrimp, wat die begin van ‘n resessie aandui wat volgens ontleders Europa waarskynlik volgende sal tref. Brittanje se bruto binnelandse produk het tussen Julie en September met 0,2 persent gedaal, wat vyf opeenvolgende kwartale van groei beëindig het. Die Kantoor vir Nasionale Statistieke sê die afname weerspieël ‘n verlangsaming in die ekonomie in die breë. Huishoudings se inkomste word geknel deur die hoogste inflasie in dekades, terwyl rentekoerse styg en sake- en verbruikersvertroue daal.