Staking gaan nie Wes-Kaapse matriekeksamen ontwrig

Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, David Maynier, sê die departement het die nodige voorsorg getref om seker te maak die matriekeksamen word nie geraak deur die beplande staking in die openbare sektor wat môre begin nie. Die hoof van die departement, Brent Walters, het onlangs met onderwysvakbonde en ‘n vakbond in die openbare sektor vergader. Maynier sê die vakbonde het die departement verseker hulle sal nie aan die staking deelneem nie en daarom behoort die administrasie van die eksamen nie geraak te word nie.