Misdaadbekamping begin by jou, wees waaksaam, meld verdagte gedrag aan

Die Namibiese polisie raai inwoners van Windhoek aan om te alle tye versigtig en waaksaam te wees aangesien misdaad aan die toeneem is. Oor die afgelope maande is ‘n toename in huisbrake en rooftogte waargeneem. Nampol se adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Khomas-streek sê daar moet nooit ‘n geleentheid vir misdadigers geskep word nie en verdagte gedrag moet dadelik by die polisie gerapporteer word. Shipandeni het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.