Misdaad styg skerp in SA ná opheffing van Covid-inperkings

Suid-Afrika het na raming, 1,4 miljoen voorvalle van huisinbraak in die 2021/2022-verslag-tydperk aangeteken. Statistieke SA het vroeër vandag die jongste Slagoffers van Misdaad-verslag vir die 2021/2022-boekjaar bekend gemaak en sê die land het veral na die opheffing van die Covid-inperkings ‘n groot toename in misdaadvoorvalle begin sien. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.