Toestand van vliegveld van Impalila-eiland bevraagteken

Die toestand van die vliegveld op Impalila-eiland word al ‘n geruime tyd deur inwoners van die Zambezi-streek bevraagteken, nadat ‘n ander vliegtuigongeluk ook daar plaasgevind het. ‘n Cessna-vliegtuig het vanmiddag na opstyging op Impalila-eiland neergestort wat die lewens van al vyf insittendes geëis het. Julius Ngweda, woordvoerder van die Namibiese vervoerministerie, sê hy is bewus van die toestand van die vliegveld wat tans opgegradeer word, maar dit is nie noodwendig die oorsaak van die ongeluk nie. Hy het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om geduldig te wees en te wag dat die ondersoek afgehandel word.