Minstens 33 dood in selfmoordbom-aanval in Kandahar

Rusland vergader volgende week met Amerika, China en Pakistan om Afghanistan te bespreek. Die lande wil probeer om ‘n gesamentlike standpunt te bereik oor die veranderende situasie in die land. ‘n Selfmoordbom-aanvaller het vandag tydens die Vrydaggebede ‘n Sjiïtiese moskee in die suidelike Afgaanse stad Kandahar aangeval. Minstens 33 mense is dood en 74 ander is beseer. Die aanval volg slegs ‘n week ná ‘n selfmoordbom-aanval op ‘n Sjiïtiese moskee in die noordelike stad Kunduz, waarvoor die Islamitiese Staat verantwoordelikheid aanvaar het.