LPO doen impakstudie oor ‘rooilyn’

Die Landbou Produsente Organisasie doen tans saam met ander rolspelers ‘n impakstudie op die dieregesondheidstatus noord en suid van die veeartseny-kordonheining. Dit sal die impak op die land se ekonomie bepaal indien Namibië, om watter rede ook al, sy dieregesondheidstatus sou verloor. Terselfdertyd is dit nodig om die voordele te bepaal en te ontleed as die dieregesondheidstatus vir gebiede noord van die heining kon verbeter. Die Nambiese Landbou-unie sê die voortgesette studie en resultate sal oor die komende weke bekend gemaak word.