Ministerie wil met FAFA vergader

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van myne en energie, Simeon Negumbo het ‘n uitnodiging aan die Namibiese brandstof- en franchisevereniging, FAFA, gerig om volgende week Maandag om half-12 by hulle aan te sluit vir ‘n vergadering van rolspelers in die brandstofbedryf. Die brief, wat gerig is aan FAFA se voorsitter, Hennie Krüger, vra dat die kleinhandelbedryf voorleggings maak van die relevante kwessies sodat dit op die agenda geplaas kan word. Kleinhandelaars in die bedryf het hul frustrasie uitgespreek oor heffings wat volhoubaarheid onmoontlik maak maar, die ministerie het reeds ‘n verhoging van die heffings van die hand gewys.