Banyana verwag taai stryd teen Tunisië

Banyana Banyana se kaptein, Janine van Wyk, sê hulle verwag vanaand ‘n taai stryd teen Tunisië in hulle kwarteindwedstryd in die Afrikanasiesbeker vir Vroue in Marokko. Die Suid-Afrikaanse span is die afgelope week geteister deur beserings en Covid-19-gevalle, maar hulle bly gefokus om vir ‘n plek in die Wêreldbekerreeks te kwalifiseer. As hulle Tunisië kan wen, is hulle plek bespreek. Van Wyk sê hulle gaan hulle wedstrydplan noukeurig moet uitvoer as hulle wil wen en deurdring na die halfeindronde: