Juffrou is vrygespreek van rassisme, maar steeds afgedank

Die DA in Gauteng sê die LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, moet rekenskap gee oor die onregverdige afdanking van Anneka Smith, ‘n onderwyser by Hoërskool Montana in Pretoria-Noord. Smith het ‘n saak wat teen haar aanhangig gemaak is, in die raad vir arbeidsverhoudings in die onderwys gewen. Die bemiddelaar het bevind sy is in September verlede jaar valslik van rassisme beskuldig, geskors en onregverdig afgedank. ‘n DA-woordvoerder, Khume Ramulifho, sê hulle keur nie enige vorm van rassisme goed nie, maar glo ook niemand moet sonder enige bewyse vals beskuldig word nie: