Ramaphosa moet Phala Phala-vrae binne sewe dae beantwoord

President Cyril Ramaphosa is gedwing om die Openbare Beskermer van antwoorde te voorsien op vrae oor die diefstal van miljoene Amerikaanse dollar in kontant op sy plaas, Phala Phala, in Limpopo, nadat sy versoek vir nog ‘n verlenging van die sperdatum geweier is. Die kantoor ondersoek bewerings dat Ramaphosa die Uitvoerende Etiese Kode oortree het. Hy moes aanvanklik teen 22 Junie antwoord, maar het uitstel tot gister versoek. Die beskermer se woordvoerder, Oupa Segalwe, sê Ramaphosa het nou sewe dae tyd om sy antwoorde in te dien.