Goosen beklemtoon haar reg tot privaatheid

Die skietery van die Belgiese Malinois Troy is steeds in die nuus. Stemnotas wat deur sommiges as aanstootlik beskryf word, is deur Sylvia Goosen opgeneem maar is reeds wyd gedeel op WhatsApp. Kosmos 94.1 Nuus het met Goosen gepraat wat haar reg op privaatheid in verband met die boodskappe beklemtoon het. Sy wou geen verdere kommentaar lewer nie en het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl sy die geleentheid om haar saak te stel waardeer, dat sy nie op die oomblik enige openbare stellings wil maak nie. Troy herstel intussen baie goed en sterk aan na verskeie operasies.