Ministerie sê volgende week oor pampoentjies, masels onder beheer

Die gesondheidsministerie sê hy sal binnekort die jongste in verband met die uitbreking van pampoentjies op Swakopmund bekend maak maar sê intussen die masels-uitbreking in die Omusati-streek is onder beheer. Inentings teen masels is in die Omusati- en Kunene-streke deur die ministerie aangebied na ‘n uitbreking op 1 Junie verklaar is. Covid het groot onderbrekings in die toedien van roetine inentings veroorsaak en masels kom sporadies regoor die vasteland voor. Die ministerie se uitvoerende direkteur Ben Namgombe gesels met Kosmos 94.1 Nuus.