Jagbedryf herstel baie goed

Dit gaan baie beter met die trofeejag bedryf in Namibië. Die industrie is baie belangrik vir veral buitelandse valuta en die volhoubare verbruik van Namibië se natuurlike hulpbronne. Volgens Silke Bean van Ingwe Taksidermie op Okahandja begin die hoeveelheid jagters optel, namate lande ook hulle Covid-regulasies verslap.