Inflasie daal met 0,1% in SA

Verbruikersprysinflasie het in September effens afgeneem tot 7,5 persent vanaf 7,6 persent in Augustus, wat ‘n verdere afwaartse neiging is van die 13 jaar-hoogtepunt van 7,8 persent in Julie. Die pryse van voedsel en nie-alkoholiese drank was verlede maand 11,9 persent hoër as ‘n jaar gelede. Die jaarlikse inflasiekoers vir brood en graan het gestyg tot ‘n 13 jaar hoogtepunt van 19,3 persent. Vleis was 9,9 persent duurder as ‘n jaar gelede. Klere- en skoenpryse het met 2,8 persent gestyg sedert September 2021, die hoogste jaarlikse styging sedert Augustus 2017. Die prys van persoonlike sorg-produkte het met 8,3 persent gestyg, die hoogste sedert Desember 2009.