Ministerie geloof oor besluit oor tweeling

Equal Namibia, ‘n gelykeregte beweging vir die LGBTQ-gemeenskap het in ‘n verklaring die besluit van die Namibiese Ministerie van Binnelandse Sake om die tweeling dogters van Phillip Lühl en Guillermo Delgado met reisdokumente te voorsien, verwelkom. Volgens Omar van Reenen, een van die stigters van die beweging, is die belange van die kinders eerste geplaas omdat daar nie teen enige kind as gevolg van sy ouers se status gediskrimineer moet word nie. Die familie-eenheid word in die grondwet beskerm. Maar, Van Reenen sê die saak is steeds nie verby nie en die beweging sal voort baklei vir die regte van die Lühl-Delgado egpaar wanneer hulle saak weer op 4 Augustus voorkom.