Quinton de Kock tree uit, met onmiddellike effek

Die Proteas se paaltjie-wagter en kolwer, Quinton de Kock, het onverwags sy onmiddellike uittrede uit toetskrieket aangekondig. De Kock het sy debuut in 2014 teen Australië gemaak, en het in 54 toetse gespeel en 3 300 lopies aangeteken. Dit sluit ses honderdtalle in. Sy eerste honderdtal het hy op SuperSport Park gekry, waar hy ook gister sy laaste toetsbeurt gespeel het. De Kock het sy eerste honderdtal aangeteken in 2016, toe hy ‘n onoorwonne 129 lopies teen Engeland aangeteken het. De Kock sê hy tree uit om meer tyd saam met sy jong gesin deur te bring.