Ministerie betaal N$10 000 vir krokodil-aanval

Die Namibiese omgewingsministerie het meer inligting in verband met ‘n krokodil-aanval by Rundu bekend gemaak. Volgens berigte, is ‘n man wat water gehaal by die sogenaamde Rundu-strand, deur ‘n krokodil aangeval en beseer. Hy is in ‘n bestendige toestand. Romeo Muyunda woordvoerder van die ministerie sê die situasie word gemonitor. Inwoners van die dorp is genoodsaak om water by die Okavango-rivier te haal omdat daar geen water op die dorp is nie. Volgens Muyunda het die menslike verkeer veroorsaak dat krokodille in die gebied saamtrek. Die ministerie sal ook 10 000 dollar betaal ingevolge sy beleid oor konflik met wilde diere.