Baldwin-skietery – daar was klagtes oor veiligheid

Die rolprentspan van die film Rust het blykbaar ure voor die noodlottige skietvoorval, waarin die akteur Alec Baldwin die kinematograaf Halyna Hutchins doodgeskiet het, die stel verlaat oor veiligheidsvrese. Amerikaanse media berig dat werkstoestande die kamera-operateurs en hul assistente frustreer. Hutchins is noodlottig gewond en die regisseur Joel Souza is beseer toe Baldwin skote gevuur het met ‘n rekwisiet-rewolwer wat met lewendige ammunisie gelaai was. Die vervaardigers sê hulle is nie bewus van enige amptelike klagtes oor veiligheid nie, maar is besig om hul werkswyse intern te ondersoek.