Covid-gevalle daal steeds

Covid-gevalle in Namibië daal steeds en die gesondheidsministerie het 14 nuwe gevalle uit 1 831 toetsuitslae bevestig, a positiewe koers van 0,007 persent. Al die gevalle, behalwe twee, is in die noorde van die land. Een sterfgeval is aangemeld in Keetmanshoop. Daar is tans 890 aktiewe gevalle in die land met 52 pasiënte wat in die hospitaal is met twee in hoësorg. Net meer as 245 000 mense is ten volle ingeënt.