Minister sterf in Oekraïnse helikopterongeluk 

Die Oekraïnse minister van binnelandse sake, Denys Monastyrskyi, is onder die 16 slagoffers van ‘n helikopterongeluk by ‘n kindergarten en woonstelgebou in Brovary buite die hoofstad Kiëf. Al nege mense aan boord van die nooddiens-helikopter het gesterf, naamlik ses amptenare van die ministerie van binnelandse sake en drie bemanningslede, sê die nasionale polisiehoof, Ihor Klimenko. Onder die sewe ander slagoffers was drie kinders en 30 mense is in die hospitaal opgeneem, insluitend 12 kinders.