Minister praat oor werkers op direksies van groot maatskappye

Die Suid-Afrikaanse minister van Handel en Nywerheid, Ebrahim Patel, sê die buurland se regering is in die proses om ‘n raamwerk daar te stel om te verseker dat werkers op die direksies van groot maatskappye verteenwoordig word. Patel het ‘n inligtingsessie met uitvoerende hoofde en vakbonde oor werknemer-eienaarskapstrukture in die lig van Internasionale Werkersdag wat vandag gevier word gehou. Hy het genoem dat regeringsbeleid daartoe gelei het dat meer as 150-duisend werknemers deur aandeelhouding gedeeltelike eienaars geword het van maatskappye waarvoor hulle werk.