Krieket Suid-Afrika bly in die nuus

Krieket: Die Suid-Afrikaanse minister van Sport, Nathi Mthethwa, het aan die buurland se Parlement gesê transformasie in Krieket Suid-Afrika is nie onderhandelbaar nie en dat hulle dit vorentoe net sal moet doen. Hy het vroeër vandag die Artikel 13-kennisgewing van die Nasionale Wet op Sport en Ontspanning teen KSA amptelik teruggetrek. Mthethwa sê die Nicholson-verslag se aanbeveling vir die instelling van ‘n onafhanklike meerderheidsraad moet nagekom word. Die voorsitter van KSA se tussentydse raad, Stavros Nicolaou, sê ‘n nuwe raad wat grootliks uit onafhanklike direkteure bestaan, sal binnekort verkies word.