44 leerders en 14 onderwysers toets positief vir Covid-19

Daar is 44 leerders, 14 onderwysers en 10 gesondheidswerkers onder die 303 nuwe Covid-19 gevalle in die land. Die Namibiese ministerie van Gesondheid het ook bekendgemaak dat daar 113 gevalle in Windhoek is, Walvisbaai het 26, Swakopmund 23, Oshakati 18, Otjiwarongo en Grootfontein 15 elk en Rehoboth 14. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik 1 762 aktiewe gevalle 46 238 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 48 654. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 643.