Minister oor kragvoorsiening aan skole

Die Namibiese Minister van Myne en Energie Tom Alweendo het bekendgemaak dat 44 miljoen Namibiese doller opsy gesit is om krag te voorsien aan 36 skole tydens die huidige finansiële jaar. Alweendo het bygevoeg dat net meer as 62 miljoen doller gebruik sal word om die voldoende en betroubare voorsiening van volhoubare elektrisiteit te verseker. Die ministerie poog om die afhanklikheid van invoere te verminder. Verskeie sonkrag projekte word ook van stapel gestuur. Alweendo het bygevoeg dat meer as 500 landelike huishoudings toegang tot elektrisiteit gekry teen ‘n koste van 10 miljoen doller en dat 33 openbare instansies in landelike gebiede teen ‘n koste van 42 miljoen doller toegang tot elektrisiteit het.