Die WGO maan oor toename in Covid-19 gevalle

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het gemaan dat daar ‘n toename is in nuwe Covid-19 gevalle wêreldwyd. ’n Rekordgetal van 893 duisend nuwe gevalle is pas volgens die WGO bevestig. Indië ervaar op die oomblik ‘n skerp styging in nuwe gevalle en die land het volgens berigte’n tekort aan suurstof en beddens. Daar is tans 146 miljoen gevalle wêreldwyd met 3,1 miljoen sterftes. Die WGO het verder bevestig dat altesaam 1 miljard dosisse entstof teen gister wêreldwyd toegedien is