Minimumloon word vandag in Katima bespreek

Die Namibiese Ministerie van Arbeid is steeds besig om ondersoek in te stel na ‘n nasionale minimumloon en sal vandag inwoners van die Zambezi-streek in Katima Mulilo ontmoet. Die vergadering, wat in die gemeenskapsaal plaasvind, begin om 8-uur en duur tot vanmiddag 5-uur. Owerhede hou op die oomblik die vergaderings om te bepaal of ‘n minimumloon nasionaal ingestel moet word en indien wel, hoeveel moet dit wees. Die voorsitter van kommissie wat die ondersoek instel, Dr Marius Kudumo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.