Sri Lanka ramp: geen oliestorting nie

Kenners het die data-opnemer gevind van ‘n skip met chemikalieë aan boord, wat in ‘n brand beskadig is en aan die sink is naby Sri Lanka se hoofstad. Die MV X-Press Pearl wat onder Singapoerse vlag vaar, het Woensdag begin sink nadat ‘n brand geblus is wat 13 dae aan boord gewoed het. Pogings om die skip uit die hawe in Colombo na dieper water weg te sleep, het misluk toe die skip se agterstewe na die bodem gesink het. Sri Lanka se hawehoof en die skip se kaptein het aan internasionale media gesê daar is geen tekens van enige oliestortings of chemikalieë wat lek nie.