Minerale bronne dryf beleggings in Namibië aan

Namibië se oorvloedige minerale het die mynbousektor ‘n groot bron van direkte buitelandse belegging gemaak. Die mynbou-sektor was oor die jare een van die grootste bydraers tot die land se BBP. Die sektor het tussen 2010 en 2021 gemiddeld ongeveer 9.5 persent tot die BBP bygedra. Gedurende die eerste kwartaal van 2022 het mynbou-produksie skerp toegeneem en ‘n jaarlikse herstel van 23,5 persent aangeteken. Dit is toegeskryf aan ‘n toename in die produksie van die mariene operasie. Die ontginning van diamante verteenwoordig die land se mees opvallende kommoditeit vanuit ‘n produksie- en uitvoer-inkomste-perspektief. Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence, gesels met Kosmso 94.1 Nuus.