Minderbevoorregte leerders kan aansoek doen vir beurse

Die Khomas-streeksraad het aangekondig dat minderbevoorregte en weerlose leerders in die Windhoek landelike kiesafdeling kan aansoek doen vir Namcol-beurse. Die aansoekvorms is by die kantoor van dié kiesafdeling beskikbaar. Leerders moet gesertifiseerde afskrifte van hul identiteitsdokumente of geboortesertifikate, en hul graad 11- of 12-sertifikaat of verklaring van hul uitslae saambring om aansoek te doen vir die beurse. Weeskinders moet die doodsertifikate van hul ouers saambring.