Sokker: 21 Kameroense spelers druip onderdomstoets

Sokker: Kameroen se onder-17’s is gewikkel in ‘n stryd teen tyd om ‘n span gereed te kry vir die streeks-Afrika Nasiesbeker nadat nog spelers ouderdoms-toetse gedop het. Opdrag vir die toetse is gegee deur die president van die land se beheerliggaam, Samuel Eto’o. Die voormalige ster-speler van Barcelona en Inter Milan het aangedring op magnetiese resonans-beelde wat die span by sy oefeningkamp naby Yaounde erg uitgedun het. Onder die aanvanklike groep van 30, het 21 nie geslaag nie. Hierdie week is bewys nog elf spelers is nie onder 17 nie.