Minder Suid-Afrikaners kwalifiseer vir Covid-toelaag

Die Suid-Afrikaanse departement van maatskaplike ontwikkeling het veranderinge aan sy kwalifiserings-kriteria vir die Covid-toelaag van 350 Suid-Afrikaanse rand aangekodig. Met die veranderinge sal diegene wat meer as 624 rand per maand verdien, nie meer vir die toelaag in aanmerking kom nie. Minister Lindiwe Zulu het vandag gesê dié veranderinge sal ook meebring dat slegs 7,5 miljoen inwoners nou vir die toelaag kwalifiseer. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, het meer inligting.