Cosassa-spele: Afrigter vertel wat in Potchefstroom gebeur het

Die Namibiese skoolkinders wat aan die Cosassa-spele wou deelneem het eers Vrydagaand die program gekry, sê ‘n afrigter. Die Namibiese spanne het in Potchefstroom opgedaag terwyl die spele op Richardsbaai gehou is. Die mislukte uitstappie het die sportministerie 1,4 miljoen Namibiese dollar gekos. Een van die afrigters Ina Fransman vertel aan Kosmos 94.1 Nuus wat in Potchefstroom gebeur het.