Minder padongelukke, sterftes en beserings dié feestyd in Namibië

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds het die feesseisoen se ongeluk-statistieke vrygestel wat aandui dat Namibië oor die afgelope feestyd baie beter met padveiligheid gevaar het as oor die vorige twee jare. Tussen 22 November 2022 en 2 Januarie 2023 is altesaam 324 padongelukke aangeteken, 15,2 persent minder as die vorige jaar. Die meeste ongelukke, 77, het in die Khomas-streek voorgekom, gevolg deur 45 ongelukke in die Erongo-streek en 40 in Otjozondjupa. Hierdie feestyd was daar 45 persent minder sterftes en 15 persent minder beserings as in die vorige feesseisoen. Lewensverliese was 54 in vergelyking met 98 die vorige jaar en 79 in 2020/2021. Die skakelbeampte van die vervoerministerie, Julius Ngweda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Hy het nie net die Namibiese polisie en verkeersdepartemente geprys nie, maar ook Namibiese motoriste bedank wat hulle goed op die paaie gedra het.