Waterinvloei in Von Bachdam

Water is vanaf die Swakoppoortdam na die Von Bachdam gepomp, asook vanaf die Otjivero-hoofdam na die Tilda Viljoendam op Gobabis. Von Bachdam is nou 32,9 persent vol ná invloei van 0,108 miljoene kubieke meter water en die Swakoppoort is 74,1 persent vol. Die Tilda Viljoendam staan nou op 32,6 persent. Die Hardapdam is 49 persent vol ná ‘n verlies van 2,140 miljoen kubieke meter water weens besproeiing. Die Neckartaldam is 94,1 persent vol ná ‘n verlies van 1,820 miljoen kubieke meter water en die Oanobdam by Rehoboth se vlak staan op 66,2 persent.